1. Voorverhit die oond tot 160 ºC. Verroom die botter en suiker met ’n elektriese klitser. Klits dan die sout, vanielje en eier by tot net-net gemeng. Sif die koekmeel en mielieblom by en knie die mengsel.
2. Druk die deeg vas in ’n pannetjie van 23 x 23 cm wat jy met bakpapier uitgevoer het. Maak die bokant met die agterkant van ’n lepel gelyk, en merk die blokkies (óf stafies, as jy dit verkies) met die punt van ’n skerp mes. Prik die oppervlak oraloor met ’n vurk en bak dit vir 1 uur of tot die bokant net-net begin verbruin. Laat die brosbrood in die pan afkoel.
3. Sny die blokkies op die lyne, strooi ’n ekstra lagie strooisuiker oor en bêre die koekies in ’n lugdigte houer