
Watwo droog!
Jy benodig
(maak 1 middelslag-brood)
- 5¼ koppies witbroodmeel
- 1 eetlepel kitsgis
- 1 koppie ingedampte melk (Ideal-melk)
- ½ koppie botter, in blokkies gesny
- ½ koppie witsuiker
- ¾ koppie water
- 1 eetlepel olyfolie
- ½ koppie bruinsuiker
- 4 teelepels fyn kaneel
VIR DIE STROOP
- ½ koppie botter
- 1 koppie bruinsuiker
Só maak jy
1. Maak die stroop Smelt die botter en suiker oor lae hitte in die platboompotjie waarin jy die brood gaan bak. Laat dit eenkant afkoel.
2. Meng die meel en gis goed deur. Verhit die ingedampte melk effens en smelt die botter en ½ koppie witsuiker daarin. Haal dit van die hitte af en roer die water daar- by in. Laat die mengsel afkoel tot louwarm.
3. Roer nou die louwarm melkmengsel deur die meelmengsel en knie dit vir 10 minute tot dit ’n gladde deeg vorm. Vorm ’n bol daarmee en smeer die deegbol met die olyfolie. Sit dit in ’n mengbak en bedek dit met kleefplastiek. Laat dit eenkant rys tot dubbel die volume.
4. Krap die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en rol dit uit tot ongeveer 2 cm dik. Meng die oorblywende bruinsuiker en kaneel. Sny die deeg in stukke van 3 cm. Pak ’n laag van die deegstukkies onderin die potjie. Sprinkel van die kaneelsuiker oor soos wat jy aangaan. Laat die pot weer vir 30 minute eenkant staan om te rys.
5. Kry solank matige kole reg. Sit die pot oor die kole en bak die brood vir ongeveer 50 minute – onthou om ’n paar kooltjies op die deksel te sit. 6 Keer die brood uit op ’n opdienbord en laat almal stukke afbreek en deur die sous trek. Hemels!