
Foto Michelle Parkin - Kosassistent Tani Kirsten
Hierdie jaffels is geen moeite nie en boonop propvol geur.
’n Jaffel ’n dag...
Jy benodig
(maak 8 jaffels)
- 16 snye witbrood (die groter soort)
- botter om te smeer
- 1 blik (410 g) chakalaka
- 2 koppies gerasperde cheddar
Só maak jy
1 Smeer die een kant van al die broodsnye met botter.
2 Skep op 8 van die snye aan die ongebotterde kant ’n groot eetlepel vol chakalaka in die middel. Verdeel nou die kaas tussen die 8 snye brood en pak dit op die chakalaka. Sit nog ’n sny brood bo-op met die botterkant boontoe.
3 Knyp elke toebroodjie versigtig toe in die jaffelpan en sny die rande gelyk af.
4 Braai die jaffels oor matige kole – draai dit gereeld totdat die brood aan albei kante mooi bruin gerooster is en die kaas gesmelt het.
Weg Ry & Sleep sê
Vir ’n vleiserige weergawe sny gaar oorskietbraaiwors in ringetjies en meng dit met die chakalaka voor jy die broodjies vul.