Jy benodig

(genoeg vir 4, met oorskiet )

  • 2 eetlepels olie 
  • 500 g maalvleis 
  • 1 ui, fyngekap 
  • 1 pakkie (50 g) chilli con carne-speserye (ons het Woolworths s’n gebruik) 
  • 500 g tamatiepuree (passata) 
  • 2 blikke (400 g elk) rooi niertjiebone, gedreineer 
  • 250 g nachos of tortilla-mielietjips 
  • 1 koppie gerasperde kaas 
  • 2 ryp avokado’s, in blokkies gesny 
  • 1 komkommer, in blokkies gesny 
  • suurroom of Griekse jogurt

Só maak jy 

1 Verhit die olie in ’n klein potjie en braai die maalvleis tot mooi bruin – breek die korrels deurgaans met ’n spaan. Voeg die ui en speserye na smaak by en braai alles vir ’n paar minute saam tot die ui sag is.

2 Roer die tamatie en bone by en prut die pot vir 15-20 minute of tot die mengsel dik en geurig is.3 Skep die maalvleis in bakkies en dollie dit na smaak op met ’n strooisel nachos, kaas, avo, komkommer en suurroom – en lê dadelik weg.

Ry & Sleep sê As jy hou van ’n bietjie byt by jou chilli con carne, gebruik die hele speserypakkie. As jy matig verkies, gebruik jou oordeel en begin met ’n kwart van die pakkie. Dié resep verdubbel maklik as jy genoeg wil maak vir Saterdagmiddag se jaffels!