book-icon Uitgawe Januarie 2019
Deel

RESEP | Chorizo-en-mielie-jaffelskons

akkreditasie
Michelle Parkin
Voer ’n jaffelpan met deeg uit en skep ’n lekker vulsel daarin voordat jy dit braai. Dit smaak amper soos ’n mini-pizza.

Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • 1 stuk (15 cm) chorizo of salami, fyngekap
  • 1 blik (410 g) mielies, gedreineer
  • 400 ml Ina Paarman se tamatie-en-basilie-pastasous
  • 1 klein pakkie (500 g) bruismeel
  • 1 blik (330 ml) bier
  • ’n knippie sout

Só maak jy

1. Roer die chorizo, mielies en pastasous in ’n mengbak saam.

2. Gooi die bier en sout by die bruismeel en roer alles saam tot dit ’n deeg vorm. Gebruik ’n wynbottel om die deeg 3 mm dik uit te rol op ’n meelbestrooide werkoppervlak. Sny sirkels uit die deeg wat net-net groter is as jou jaffelpan.

3. Smeer die jaffelpan met botter en voer albei kante met die deeg uit – dit moet effens oorsteek. Skep van die chorizovulsel in die middel en maak die jaffelpan versigtig toe.

4. Braai die jaffels oor die kole vir 5-10 minute aan elke kant (of gebruik ’n gasvlam). Die jaffels is reg as dit goudbruin buite-om en gaar binne is.

Weg Ry & Sleep sê
Olywe, spek, oorskietbraaivleis, kaas... die moontlikhede vir hierdie mini-pizzas is eindeloos.