Bestanddele
- 1 koppie couscous
- 1 koppie kookwater
- 1 blik (400 g) kekerertjies, afgespoel en gedreineer
- sap van ½ suurlemoen
- 2 eetlepels olyfolie
- sout en peper na smaak
- 1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny
- 1 klein rooiui, geskil en dungesny
- ’n hand vol vars koljanderblare
- 1 ingelegte jalapeñorissie, fyngekap
- ½ koppie gesoute grondboontjies, grofgekap
Metode

Bedien dié slaai warm of koud saam met braaivleis, geroosterde hoender of vis.
1. Sit die couscous in ’n houer met ’n deksel wat dig sluit en giet die kookwater bo-oor. Sit die deksel op en stoom die couscous vir 5 minute.
2. Roer die couscous met ’n vurk tot al die korrels los van mekaar is. Voeg die kekerertjies, suurlemoensap, olyfolie, sout en peper by. Voeg nou die res van die bestanddele by. Laat die slaai vir ’n rukkie rus sodat die geure kan ontwikkel.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET