1. Klop die Cremora en kookwater saam totdat dit ’n gladde, romerige mengsel vorm. Laat dit dan vir 20 minute in die yskas afkoel.

2. Klop die kondensmelk by. Skink die suurlemoensap geleidelik by en klop die mengsel styf.

3. Verkrummel die beskuitjies en meng dit met die botter. Druk die mengsel onder in die tertbak vas om ’n kors te maak en giet die vulsel oor.

4. Hou dit in die yskas tot opskeptyd en sprinkel die Flake oor net voor jy dit bedien.