Vir 4 | Voorbereityd 15 minute | Gaarmaaktyd 5 minute
Jy benodig
Vir die sous
• 5 teelepels ui, fyngerasper
• ¼ koppie mayonnaise
• 3 eetlepels agurkies, fyngekap
• 1½ eetlepels Engelse mosterd
• 1 eetlepel suiker
• 1 teelepel Marmite
• 1 teelepel borrie
Vir die burgers
• 500 g beesmaalvleis
• 4 broodrolletjies
• 1 koppie blaarslaai, gesnipper
• sout na smaak
• gemaalde swartpeper na smaak
• 4 skywe gouda
• 4 agurkies, in dun repies gesny
Só maak jy
1. Verdeel die maalvleis in vier en vorm vier ewe groot patties wat dieselfde deursnee as ’n broodrolletjie het. Laat die patties op ’n bord in die yskas rus.
2. Meng al die bestanddele vir die sous saam en hou dit ook in die yskas.
3. Sny die rolletjies middeldeur, smeer van die sous bo-oor en pak ’n hopie blaarslaai op elk.
4. Verhit ’n pan tot rookwarm, pak die patties in ’n enkellaag daarin en geur dit met sout en peper. Braai die patties vir ’n minuut (of totdat die onderkant goudbruin is), draai dit dan om en plaas ’n skyfie kaas op die gaar kant. Die ander kant behoort ná nog ’n minuut goudbruin te wees.
5. Skep ’n pattie op elke rolletjie, gevolg deur ’n paar repies agurkie. Sit dit warm voor saam met tuisgemaakte aartappelskyfies
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET