Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 8 gerookte worsies
  • 16 spekrepe
  • 4 hotdog-rolletjies botter om te smeer
  • olyfolie om te braai
  • 1 eetlepel tamatiekonfyt (opsioneel)

VIR DIE SMOOR

  • 1 groot ui, in dun skyfies gesny
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 2 tamaties, grofgekap
  • ’n skeut sriracha (of gebruik jou gunstelingbrandsous)
  • ’n knippie suiker ’n skeutjie water (of bier)

Só maak jy

1. Draai twee worsies op ’n slag met twee repe spek aan mekaar vas en steek dit met peuselstokkies vas.

2. Sny die rolletjies oop, smeer botter aan en braai die gesnyde kante eerste in die pan (of op jou skottelskaar) tot liggies gerooster. Hou dit eenkant.

3. Gooi ’n skeutjie olie in die pan en braai dan die spekworsies rustig tot dit oraloor mooi goudbruin is. Roer die konfyt by vir ’n laaste bietjie glans en sit die worsies op die geskroeide rolletjies – onthou om die peuselstokkies uit te trek.

4. Maak die smoor deur die ui in die olie te braai tot dit ’n kleurtjie begin kry. Roer die tamatie, sriracha en suiker by en braai dit tot die smoor dik genoeg is volgens jou smaak. Verdun die sous met ’n skeutjie water (of bier). Proe en geur dit met sout en peper voordat jy dit op jou broodjies skep.

Ry & Sleep : Verander die broodjies in ontbytkos met ’n gebraaide eier of twee – hoekom nie? Die skottelskaar is mos warm en reg vir braai! 

Word deel van die Weg-wêreld
Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook