
Kaaswors en room én pasta! Die pasta word sommer so tjoef-tjaf in die sous gekook. Baie smaaklik en gewild onder die jongspan.
Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 20 minute
Jy benodig
- 1 eetlepel botter
- 400 g kaaswors, in wieletjies gesny
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 2 koppies hoenderaftreksel
- 1 blikkie (410 g) All Gold Mexican Diced Tomatoes
- ½ koppie room
- 250 g skroefiepasta
- sout en peper na smaak
- 1 koppie cheddarkaas, gerasper
So maak jy
1. Braai die wors en uie saam in botter in ’n diep pan of swaarboompot vir 5 minute. Voeg die knoffel, aftreksel en tamaties by en bring tot kookpunt.
2. Voeg die pasta by, sit die deksel op en verlaag die hitte sodat die gereg vir 10-15 minute prut.
3. Roer die room by die warm pasta, geur die pasta na smaak met sout en peper, en sprinkel die kaas bo-oor.