Vir 6

Voorbereityd 5 minute 

Kooktyd 45 minute


Jy benodig

• 1½ koppie bruinrys

• 3 koppies groenteaftreksel

• 1 blikkie (410 g) tamatie-en-uiesmoor

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 1 vars jalapeñorissie, gekap

• 1 lourierblaar

• 1 teelepel droë origanum

• ½ teelepel gerookte paprika

• ½ koppie ertjies

• ½ koppie mieliepitte

• 1 blikkie (410 g) snybone of swartbone

• 2 vars tamaties, fyngekap

• sout en swartpeper na smaak

• suurlemoensap na smaak

Só maak jy

1. Verhit die rys, groenteaftreksel, tamatiesmoor, knoffel, rissie, lourierblaar, origanum en paprika saam tot kookpunt en laat dit vir 35 minute met die deksel op prut.

2. Roer die ertjies, mielies, bone en vars tamatie deur die rys. Voeg ’n ½ koppie water by indien dit lyk asof die rys gaan droogkook. Bedek en laat dit vir nog 10 minute prut, waarna jy dit – met die deksel op – vir 10 minute laat staan.

3. Proe en geur na smaak met sout, peper, ’n skeut suurlemoensap en ekstra vars rissie