Deel

RESEP | Familiefeeshoender

akkreditasie
Foto: Toby Murphy
Foto: Toby Murphy
Begin die dag voor die tyd, sodat die marinade sy werk ordentlik kan doen. As jy van die speserye nie het nie, kan jy dit eenvoudig weglaat – die eerste vier is wel belangrik.

Vir 4 | Voorbereityd: 10 minute | Gaarmaaktyd: 30 minute, plus oornag om te marineer

Jy benodig

SPESERYMENGSEL

• 3 eetlepels gemaalde witpeper

• 1 eetlepel gemaalde swartpeper

• 1 eetlepel mosterdpoeier

• 4 eetlepels paprika

• 1 eetlepel sout

• 1 eetlepel selderysout

• 1 eetlepel knoffelpoeier

• 1 eetlepel gemmerpoeier

• ½ eetlepel droë tiemie

• ½ eetlepel droë basiliekruid

• ½ eetlepel droë oreganum

• 1 teelepel bakpoeier

• 1 koppie meel

• 1 koppie mielieblom

HOENDER

• 2 kg hoenderstukke

• 1 koppie karringmelk

• 1 eier

• 1 eetlepel sout

• 2 l kookolie vir diepbraai

Só maak jy

1. Meng al die bestanddele vir die speserymengsel saam in ’n lugdigte houer.

2. Plaas die hoenderstukke in ’n Ziploc-sak. Meng die karringmelk, eier en sout en gooi dit by die hoender. Verseël en laat dit oornag in die yskas.

3. Voorverhit die oond tot 180°C en trek ’n bakplaat oor met foelie. Verhit die olie in ’n wye, diep pan.

4. Verwyder die hoenderstukke een-een uit die karringmelk en rol dit deeglik in die speserymengsel. As die kors plek plek afkom, doop die hoender weer in die karringmelk en weer in die meel. Plaas ’n paar hoenderstukke op ’n slag in die vuurwarm olie en draai dit na 5 minute versigtig met ’n knyptang om. Moenie aan die hoenderstukke karring nie – die hele kors kan (veral in die eerste 5 minute) maklik afval. 

5. Sodra al die hoenderstukke ’n goudbruingebraaide korsie het, kan jy dit op die bakplaat uitpak. Bak die hoender nou vir sowat 10 minute in die oond tot deurgaar. 

WENK

Jy kan die rou hoenderstukke in die marinade in ’n Ziploc-sak vries. Laat die hoender dan in die yskas ontdooi voordat jy dit in die speserymengsel rol en gaarmaak.