Deel

Flatervrye frikkadelle

akkreditasie
Dié frikkadelle hoef nie vooraf gebraai te word nie; jy bak dit sommer net so in die tamatiesous. Dieselfde maalvleismengsel kan ook vir sappige hamburgerpatties gebruik word.

Foto: Myburgh du Plessis

Vir: 6 | Voorbereityd: 15 minute | Gaarmaaktyd: 40 minute

Jy benodig

• 500 g beesmaalvleis

• 2/3 koppie broodkrummels

• 2 eetlepels oreganum, gekap

• 2 eetlepels parmesaan, gerasper

• ’n knippie gemaalde swartpeper

• ’n knippie rooipeper

• 2 eiers, geklits

• 2 teelepels growwesout

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 2 eetlepels olyfolie

• 2 blikkies (410 g elk) gekapte tamatie

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die beesvleis, broodkrummels, oreganum, parmesaan, swartpeper, rooipeper en eiers saam. Voeg 1 teelepel growwesout en die helfte van die knoffel by en vorm 12 ewegroot frikkadelle.

2. Plaas die res van die sout en knoffel saam met die olyfolie en tamatie in ’n oondvaste pot. Laat dit vir sowat 15 minute op die stoof prut totdat die smoor effens verdik het. Rangskik dan die frikkadelle in die smoor en bak dit oop in die oond vir 20-25 minute tot gaar. Sprinkel nog ’n bietjie kaas oor net voordat jy opskep.