Vir: 4 | Voorbereityd: 15 minute | Gaarmaaktyd: 15 minute 


Jy benodig

• 4 eetlepels sojasous

• 3 eetlepels balsemiekasyn

• 500 g filet

• 2 beesmurgbene, in die lengte middeldeur gesny

• sout na smaak

• gemaalde swartpeper na smaak

• ’n hand vol gekapte pietersielie

• 2 eetlepels gekapte kappertjiesaad

• 2 gekapte ansjovisfilette

• 4 eetlepels botter

Só maak jy

1. Meng die sojasous en balsemiekasyn en marineer die filet en murgbene daarin terwyl jy die vuur maak.

2. Braai die filet oor matige kole, haal af en geur na smaak met sout en gemaalde swartpeper. Laat dit eenkant rus. Behou die marinade.

3. Braai die murgbene vir 10-15 minute met die murg na bo oor die kole tot die murg begin smelt. Draai die bene in foelie toe om dit warm te hou.

4. Meng die pietersielie, kappertjiesaad en ansjovis saam.

5. Smelt die botter in ’n pannetjie tot dit borrel, voeg die oorblywende marinade daarby en verhit tot warm. Bedien porsies warm filet met die bottersous, warm murg en pietersieliemengsel.