Gemarineerde eiervrug

akkreditasie

1 Sny die eiervrugte in skywe van 7,5 mm dik. Braai dit in sarsies sonder olie in ’n riffelpan totdat dit sag is en alkant mooi skroeimerkies het. Jy kan natuurlik jou braairooster inspan en al die skyfies gelyk oor die kole braai.

2 Meng die res van die bestanddele saam en meng dit deur die gaar eiervrugskywe. Rangskik dit in ’n vlak bak, geur na smaak met sout en peper en marineer ten minste 1 uur voor ete. Dié eiervruggereg is ’n heerlike bykos, maar dit is ook ’n fantastiese voorgereg saam met skywe gebraaide halloumi en brood. As jy nou regtig fênsie wil wees, kan jy vir ekstra knars ’n handjie vol dennepitte of geroosterde pampoenpitte oorstrooi. Dit hou tot drie dae in die yskas.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan