book-icon Uitgawe Augustus 2018
Deel

RESEP | Gerookteham-en- boontjiesop

akkreditasie
Foto Michelle Parkin / Kosassistent Tani Kirsten
Foto Michelle Parkin / Kosassistent Tani Kirsten
Maak hierdie sop as jy laat by jou bestemming aankom en net vinnig iets warms wil eet.

Raak warm

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 4 eetlepels botter
  • 4 kasslersteaks, in blokkies gesny
  • 1 ui, gekap
  • 1 groot wortel, geskil en fyngekap
  • 2 selderystokkies, fyngekap
  • 2 blikkies (410 g elk) botter- of cannellinibone, gedreineer
  • 1 liter hoenderaftreksel
  • sout en swartpeper na smaak
  • vars pietersielie om voor te sit
  • vars brood om voor te sit

Só maak jy

1. Verhit die helfte van die botter en braai die kasslerblokkies tot gaar en bros. Skep die vleisblokkies uit en gooi die ui, wortel en seldery in dieselfde kastrol met die res van die botter. Roerbraai die groente tot sag.

2. Voeg die bone, aftreksel en vleisblokkies by, roer alles goed deur en laat die sop vir 15 minute prut.

3. Druk van die sop met ’n vurk of die agterkant van ’n houtlepel fyn en geur dit na smaak met sout en peper. Sprinkel pietersielie oor die sop en sit dit voor met lekker vars brood.

Weg Ry & Sleep sê
Die kassler kan jy vervang met ’n pakkie dikgesnyde spek.