book-icon Uitgawe November 2019
Deel

RESEP | Gestoomde vis en groente

akkreditasie
Maak in ’n japtrap gesonde kos oor die kole.

Stomende toneel

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 4 klein stokvisse
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 toontjie gemmer van 5 cm, fyngedruk
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • gerasperde skil en sap van 1 lemmetjie
  • 400 g gemengde groen groente (soos groenboontjies, vinkel, prei en broccoli)
  • 2 eetlepels sojasous
  • ’n hand vol vars koljanderblare

Só maak jy

1 Sit elke stokvis op sy eie stuk foelie van 20 x 30 cm. Meng die knoffel, gemmer, brandrissie en lemmetjieskil en -sap saam in ’n bakkie en geur die vis met dié mengsel. Voeg sout en peper na smaak by.

2 Verdeel die groente en skep dit op die vis. Giet sojasous oor elke porsie en vou die foelie toe sodat dit pakkies vorm.

Sit die vispakkies op die rooster en stoom hulle oor matige hitte vir 10-15 minute of tot gaar.

Weg Ry & Sleep sê Vars koljanderblare is heerlik saam met dié gestroomde vis en groente.