Jy benodig

• 2 eetlepels olyfolie

• 2 rooirissies, in repies gesny

• 200 g sampioene, gekap

• sout en peper na smaak

• 100 g ontpitte groenolywe, gekap

• 200 g feta, in blokke gesny of gekrummel

• 1 kg brooddeeg (tuisgemaak of gekoop)

• 2 eetlepels soetrissiepesto (opsioneel)

Só maak jy

1. Verhit die olie en braai die soetrissierepies en sampioene tot sag en gaar. Roer die olywe by en geur na smaak met sout en peper. (Onthou, die olywe sowel as die feta is reeds sout.) Laat die mengsel effens afkoel en voeg die feta by.

2. Rol die brooddeeg op ’n skoon werkoppervlak in ’n groot sirkel van sowat 1 cm dik uit. (As jy op bakpapier werk, is dit makliker om die deel op ’n bakplaat te sit.) Jy gaan uit die middel agt eweredige “blare” halfpad na die buiterand toe kerf.

Gebruik ’n skerp mes of pizzawieletjie. Smeer ’n lagie pesto op die ongesnyde buitebaan en skep die soetrissievulsel bo-op. Vou dan die rand in ’n kraag oor die vulsel na binne, en die agt blare wat jy gesny het na buite.

Knyp die blaarpunte onder die kraag vas om te keer dat dit opkrul wanneer jy die brood bak.

3. Plaas die broodkrans nou op ’n bakplaat, bedek losweg met ’n vadoek en laat die brood vir sowat 30 minute tot dubbel sy volume rys. 4 Voorverhit die oond na 180° C en bak die brood vir sowat 40 minute tot goudbruin en gaar. Dis heerlik op sy eie, of saam met hummus en ekstra olyfolie.

Word deel van die Weg-wêreld
Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook