
Vir 4 | Voorbereityd 20 minute | Gaarmaaktyd 50 minute
Jy benodig
• 1 middelslag-pampoen of 4 groot skorsies
• 2 eetlepels olyfolie, plus ekstra
• ½ koppie bruinrys of quinoa
• ½ blikkie (400 g) kekerertjies of lensies, gedreineer
• 2 uie, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gerasper
• 2 teelepels fyn komyn
• 1 teelepel rissievlokkies
• 4 koppies rou spinasie, fyngekap
• 1-2 koppies mielies (geblik of bevrore)
• sout en peper na smaak
Só maak jy
1 Sny die bokant van die pampoen of skorsie af, skraap die pitte uit en verf die buitekant met olyfolie. Draai dit in foelie toe en laat dit op die rooster bak vir 20 minute oor matige kole totdat die skorsie effens sag begin raak. Jy kan dit ook vir dieselfde tyd in ’n oond van 180 °C bak. Haal dit van die kole af en hou dit eenkant.
2 Kook die bruinrys of quinoa volgens die instruksies op die pakkie en meng dan die gedreineerde kekerertjies goed daardeur.
3 Verhit intussen die olyfolie in ’n groot pan en braai die ui, knoffel, komyn en rissie tot dit sag en geurig is. Roer die spinasie daardeur tot dit verwelk – die mengsel moet droog wees. Meng nou die spinasiemengsel met die rys en roer dan die mielies deur. Geur dit na smaak met sout en peper. Vul elke skorsie met die mengsel. Sit die afgesnyde bokant soos ’n dekseltjie boop, draai die pampoen weer in foelie toe, en rooster albei kante oor matige kole.