(genoeg vir 6)
1. Meng die vleis, paprika, kaas en pietersielie en geur dit na smaak met sout en swartpeper.
2. Sny die bo- en onderkant van elke ui af en trek die buitenste skil af. Sny die ui middeldeur en haal die middelste stuk uit. Gebruik 1 of 2 van die uielae om ’n bol maalvleis te vorm – die vleis moet ’n uiejassie om hê. Draai dit dan toe in spek.