Vir 6 | Voorbereityd 30 minute plus afkoeltyd


Jy benodig 

• 210 g vanieljewafelbeskuitjies

• 100 g botter, gesmelt

• 125 ml kookwater

• 1 pakkie suurlemoenjellie

• 125 ml yswater

• 385 g kondensmelk

• 6 grenadellas, oopgesny en pulp uitgeskraap

Só maak jy

1. Pols die koekies in ’n voedselverwerker tot growwe krummels en meng die gesmelte botter daardeur. 

2. Meng die kookwater met die jellie tot opgelos en klits dan die yswater, kondensmelk en die pulp van die grenadellas daarby tot baie deeglik gemeng. 

3. Skep ’n laag krummels onderin elke fles en druk dit effens vas om ’n korsie op die bodem te vorm. Skink ’n laag van die kondensmelkmengsel bo-op en herhaal dan die lae totdat al die bestanddele opgebruik is.

4. Laat staan die flessie vir 2-3 uur in die yskas om te stol.