Jy benodig (genoeg vir 4)

  • 1 eetlepel olyfolie
  • 2-3 groot gebraaide lamstjops, ontbeen en in dun repies gesny
  • 1 groot of 2 middelslag-
  • eiervrugte, in skyfies van 1 cm gesny
  • 4 groot tortillas of pitabrode
  • ½ koppie hummus
  • 1-2 ryp rooi tamaties, in skyfies gesny
  • 2 wiele fetakaas, gekrummel
  • ’n strooisel vars platblaarpietersielie

Só maak jy

1 Verhit die olie in ’n pan en braai die vleisrepies vir ’n minuut of twee sodat die geure weer kan ontwikkel. Skep die vleis uit die pan en braai die eiervrug­skyfies in die geurige olie tot gaar. (Jy kan dit natuurlik ook op ’n riffel­pan braai.)

2 Rooster die tortillas oor die kole of in ’n droë pan tot dit warm en buigsaam is.

3 Smeer ’n dik laag hummus oor elke tortilla en pak dan van die gebraaide eiervrugrepies, lamsvleis, tamatie, feta en pietersielie bo-op. Geur dit na smaak met sout en varsgemaalde swart­peper, vou die tortilla dadelik toe en lê weg.

Ry & Sleep sê Hierde geure saam werk ewe goed in ’n pastaslaai – jy kan ook die pietersielie met komkommerblokkies vervang.