Deel

RESEP | Groenvy-en-roomkaas-hoenderhappies

akkreditasie
’n Bak van dié hoenderrolletjies gaan baie vinnig verdwyn! Kies tussen ’n romerige vulsel met groenvye, of soutige olywe en ansjovis.

Vir 8

Voorbereityd 20 minute

Gaarmaaktyd 10 minute

Jy benodig

  • 10 hoenderborsies
  • 250 g spekrepies, middeldeur gesny
  • ¼ koppie olyfolie
  • 5 eetlepels soja- of worcestersous

Vulsel 1

  • 125 g roomkaas of romerige bloukaas of camembert
  • 5 groenvye, in dun skyfies gesny

Vulsel 2

  • 10 olywe, ontpit en gekap
  • 5 ansjovisfilette, gekap
  • 4 sprietuie, gekap
  • 2 eetlepels heelkorrelmosterd
  • 2 eetlepels mayonnaise

Só maak jy

1 Vlek die hoenderborsies en rol dit met ’n wynbottel plat. Sny dit oor die lengte in kwarte.

2 Maak die twee vulsels deur elkeen se bestanddele te meng.

3 Skep op die helfte van die stukkies ’n teelepel van die roomkaasvulsel in die middel, rol die hoenderstukkie op en vou ’n repie spek rondom. Steek dit met ’n tandestokkie vas. Skep die olyfvulsel op die res van die stukkies en vou dit ook in spek toe.

4 Gooi die olyfolie en sojasous oor al die hoenderrolletjies en braai dit oor matige kole.

Wenk
Vars vye, druiwe of perskeskyfies in die plek van die groenvye is net so ’n lekker soet vulsel.