Deel

Grondboontjiekoekies sonder meel

akkreditasie
Dit klink of dit nie kan werk nie, maar hierdie is by verre die lekkerste en maklikste grondboontjiekoekies nog. En dit het nie eens meel in nie!

Lewer 12-16 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 10 minute

Jy benodig

  • 1 koppie grondboontjiebotter
  • 1 koppie suiker
  • 1 eier

So maak jy

1. Voorverhit die oond tot 175 °C en voer ’n bakplaat uit met bakpapier. 

2. Meng al die bestanddele goed saam. Rol skeppies van die mengsel in eetlepelgroot balletjies en pak dit op die bakplaat. Druk die balletjies effens plat met ’n vurk. 

3. Besprinkel die koekies met ’n knippie soutvlokkies vir die grootmense. Bak vir ongeveer 8 minute tot goudbruin.  As jy nou regtig dekadent wil raak, kan jy die koekies met karamelkondensmelk aanmekaar plak! Dit is heerlik verby.