
Laat jou gim-instrukteur glimlag met hierdie gesonde rou ontbyt. As die klappermelk vir jou te ryk klink, kan jy dit met melk – en selfs water – vervang.
Vir: 4 | Voorbereityd: 10 minute plus rustyd
Jy benodig
• 2 koppies hawermout
• ’n knippie sout
• ’n knippie fyn kaneel
• 4 eetlepels chia-saadjies (opsioneel)
• 2 koppies klappermelk (of gewone melk)
• 500 g aarbeie
• 2 grenadellas
• ’n knippie gemaalde swartpeper
• sap van ½ suurlemoen
• 2-4 eetlepels heuning
Só maak jy
1. Meng die hawermout, sout, kaneel, chia en klappermelk.
2. Pols die aarbeie, grenadella, swartpeper en suurlemoensap tot ’n pulp en geur dit na smaak met sout en peper.
3. Skep lae van die hawermout en vrugtepulp in flesse, seël dit en hou dit oornag in die yskas. Of bêre die hawermout en sous in aparte houers in die yskas en sit dit die volgende oggend saam voor.