Deel

Kaas-en-mieliesous-hoenderpasta

akkreditasie
Foto: Michelle Parkin. Kosassistent: Tani Kirsten
Foto: Michelle Parkin. Kosassistent: Tani Kirsten
Vir dié vinnige kamppasta kan jy ook sommer oorskietbraaihoender gebruik.

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 4 hoenderborsies
  • 4 mielies
  • 1 pak (500 g) pennepasta
  • 500 ml witsous (tuisgemaak of gekoop)
  • 1-2 koppies beleë cheddarkaas, gerasper
  • 1 teelepel rooipeper
  • 1 teelepel gerookte rissievlokkies
  • sout en swartpeper na smaak
  • hand vol vars basilie (opsioneel)

Só maak jy

1. Geur die hoender en mielies met sout en peper. Braai die hoender tot mooi goudbruin en kook die mielies tot net-net gaar. Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie.

2. Meng die witsous en kaas deur die gaar pasta en geur dit na smaak met rooipeper, rissievlokkies, sout en peper.

3. Vlok die hoender in stukkies en sny die mieliepitte van die stronk af, en meng dit dan deur die pasta. Garneer dit met vars basilie.

Weg Ry & Sleep sê
 Tuisgemaakte witsous en goeie kaas maak hierdie pasta ekstralekker, maar gebruik gekoopte sous as jou tyd skraps is.