1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Klits die karringmelk, eier en olyfolie saam tot glad. Geur met ’n bietjie sout en peper. (Onthou, die kaas is reeds sout.)
2 Voer nou ’n reghoekige oondbak met die filo uit deur vyf velle met die karringmelkmengsel te verf en dit bo-op mekaar in die bak neer te lê. Meng al die vulselbestanddele saam en skep dit in ’n eweredige laag bo-op die deeg.
3 Verf die oorblywende 5 velle deeg ook met die karringmelkmengsel en stapel dit opmekaar. Sit die stapel bo-op die kaasvulsel en druk dit liggies vas.