Vir 16 blokkies
Voorbereityd 10 minute
Gaarmaaktyd 20 minute
Jy benodig
• 230 g botter
• 1 koppie karamelsuiker
• 2 eiers
• ¼ koppie melk
• 5 ml karamelgeursel
• 2 koppies bruismeel
• ’n knippie sout
• ½ koppie grondboontjiebotter
Só maak jy
1 Voorverhit die oond tot 170 °C. Verroom die botter en suiker met ’n houtlepel saam tot lig van kleur. (Óf jy kan sommer uit die staan-spoor ’n elektriese klitser inspan – dié resep het meer klitswerk as die ander.) Klits die eiers, melk en karamelgeursel by tot glad. Klits laaste die meel en sout by om ’n gladde beslag te vorm.
2 Smeer die beslag eweredig uit in ’n 23 x 23 cm-pannetjie wat met bakpapier uitgevoer is. Skep na willekeur klontjies grondboontjiebotter in die mengsel.
3 Bak vir sowat 20 minute of tot net-net gaar en laat die pannetjie dan staan om effens af te koel voordat jy die blokkies sny. Die blokkies is heerlik so louwarm uit die oond met ’n bietjie karamelsous.
Foto: Shelly Christians
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET