Hou plek vir poeding!

Jy benodig

(maak 12 blokkies)

  • 16 tennisbeskuitjies
  • 2 plakke (80 g elk) melksjokolade, gerasper
  • ½ koppie room
  • 1 blik (360 g) karamel
  • 1 houertjie mediumvet roomkaas
  • 2 eetlepels romerige likeur (soos Amarula)
  • 2 Flake-stafies, 1 koppie moutsjokoladebolletjies en nog 3 tennisbeskuitjies vir versiering

Só maak jy

1. Pak die tenniskoekies op die boom van ’n reghoekige pannetjie (21 x 28 cm) tot die hele boom bedek is.

2. Smelt die sjokolade in ’n bakkie wat jy op ’n potjie met kookwater sit en hou dit eenkant.

3. Klits die room en karamel saam tot lekker dik. Klits die roomkaas op sy eie glad – sodoende maak jy seker die kaaskoek het geen klonte nie. Klits nou die roomkaramel, roomkaas, sjokolade en likeur saam tot net-net gemeng. Skep die mengsel op die koekiekors en sit dit oornag in die yskas.

4. Versier die kaaskoek met jou keuse van sjokoladesplinters en -bolletjies en gebreekte koekies. Sny dit in blokkies en laat waai!

Weg Ry & Sleep sê
As jy nie ’n yskas het waarin die kaaskoek oornag kan stol nie, maak die beslag so kort as moontlik voor jy dit gaan voorsit. Krummel die koekies en skep dan die beslag en koekies om die beurt in glase – amper soos ’n trifle. Die tekstuur sal effens sagter wees, maar dis ewe lekker