book-icon Uitgawe Junie 2018
Deel

RESEP | Kitshoenderbrijani

akkreditasie
Kamp julle? Bederf jou vriende met dié maklike hoenderbrijani – dit kan ook in ’n platboompot oor die vuur gebak word.

Vir 6 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 1 uur

Jy benodig

• 4 eetlepels botter

• 2 uie – een in skywe gesny en die ander in ringe

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 1 teelepel gerasperde gemmer

• 1eetlepel brijani-speserymengsel plus ekstra om oor te strooi

• 1 koppie basmatirys

• 2 koppies water

• 8 hoenderporsies aan die been

• 4 eetlepels olie

• ’n hand vol amandels, grofgekap

• vars koljanderblare

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit die botter in ’n oondvaste bak met ’n deksel en braai die uieskywe tot sag. Voeg die knoffel, gemmer en speserye by en braai dit vir ’n minuut tot geurig.

2. Voeg die rys en water by en pak die hoender bo-op. Strooi ’n bietjie van die brijani-speserymengsel oor die hoender, bedek en rooster dit vir 40-50 minute of tot die hoender gaar is.

3. Braai die uieringe in olie tot bros. Sit die brijani voor met die bros uie, amandel en vars koljanderblare