Hierdie yskastert het nie ’n yskas nodig nie! Dis dus ’n wonderlike kampstaatmaker en baie lekkerder as wat jy dink – moenie hom vlak kyk nie.
Kosassistent Tani Kirsten
O, die botterkaramel!
Jy benodig
(genoeg vir 4)
- 8-12 spysverteringskoekies (digestive biscuits), grofgekrummel
- 1 groot houer (1 kg) yskoue Griekse jogurt
- 1 boksie Moirs-kitspoeding (Butterscotch-geur)
- 12 vars aarbeie, in skyfies gesny
Só maak jy
1 Strooi die koekiekrummels in ’n vlak bak of gebruik blikbekers om vir elkeen sy eie poeding te maak.
2 Skep die jogurt uit in ’n middelslag-mengbak en sprinkel die poedingmengsel daaroor. Roer dit vinnig en deeglik tot heeltemal gemeng.
3 Skep dadelik die jogurtmengsel oor die krummellaag (in die vlak bak of blikbekers) en maak dit effens gelyk. Versier dit met die aarbeie en sit dit dadelik voor.
Weg Ry & Sleep sê
Pleks van die aarbeie kan jy gedreineerde geblikte vrugte gebruik.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET