1. Kry die ketelbraai gereed met matige kole. Jy gaan die indirekte braaimetode gebruik. Krap die kole na die kante toe sodat die spasie in die middel oop is.
2. Pak die lamskenkels, uie en roosmaryn in ’n enkellaag in ’n metaaloondpan (wat direk op die rooster gesit kan word) of gebruik ’n groot platboompot. Vryf die komyn, koljander en olyfolie oraloor die vleis en geur dit ook na smaak met sout en swartpeper. Sny die knoffelbol horisontaal middeldeur en plaas dit saam met die rooiwyn en aftreksel by die lam. Bedek die bak met foelie of die pot met ’n styfpassende deksel.