book-icon Uitgawe Februarie 2018
Deel

RESEP | Knoffelbroodrolletjies

akkreditasie
Sit twee verskillend gegeurde knoffelbotter voor met hierdie rolletjies – een met ’n lekker byt!

Fotograaf: Myburgh du Plessis | Kosassistent: Merrill Buckley

Vir 8 | Voorbereityd 20 minute plus rystyd | Gaarmaaktyd 40 minute 

Jy benodig

  • 500 g broodmeel
  • 1 teelepel sout
  • 5 g kitsgis
  • 1 eetlepel suiker
  • 1½ koppie louwarm water
  • 2 eetlepels olyfolie

VIR DIE KNOFFELBOTTER

  • ½ koppie botter
  • 6 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 brandrissie, fyngekap
  • 1 wiel feta, gekrummel
  • 2 eetlepels kappertjiesaad, gekap

Só maak jy

1 Meng die meel, gis, sout en suiker en roer dan ¾ van die water en die olyfolie daarby. Roer nog water by om ’n klewerige deeg te vorm en knie goed vir 10 minute.

2 Bedek met plastiek en los die deeg vir 90 minute eenkant om in volume te verdubbel.

3 Knyp bolletjies deeg af (omtrent so groot soos ’n eier) en pak die bolletjies onderin ’n gesmeerde groot gietysterpan of platboomswartpot. Los dit eenkant vir 30 minute om weer rys.

4 Plaas die pot of pan met deksel oor stadige kole en plaas ook ’n paar kole op die deksel. Bak vir 40-50 minute tot gaar.

5 Meng die botter en knoffel. Smelt dit saam en verdeel dit tussen twee bakkies. Voeg die gekapte rissie by die een bakkie en die feta en kappertjiesaad by die ander bakkie. Breek ’n warm broodrolletjie af en eet dit saam met van die gegeurde knoffelbotter.