Hierdie Bulls-eye-eierbroodjies is ’n gawe regmakertjie ná ’n baldadige kuier.
(genoeg vir 4)
1. Smeer al 8 snye brood goed met botter, tot in die hoeke (dit is sowat 1 eetlepel vir elke twee snye). Draai die brood om sodat die gesmeerde kante na onder wys, en verdeel dan die ham en kaas tussen vier van die snye. Sit die ander vier snye brood bo-op met die botterkant boontoe sodat dit vier toebroodjies vorm.