Bestanddele
- 1 ontbeende lamsblad van sowat 1,2 kg
- 2 eetlepels bruinasyn
- 1 teelepel koljandersaad, fyngestamp
- sout en varsgemaalde swartpeper
- ½ koppie broodkrummels
- 2 wiele romerige feta, gekrummel
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 2 takkies tiemie
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- ’n knippie rissievlokkies
- 1-2 knoffelbolle, kop afgesny
- 2 takkies roosmaryn
Metode

Jou gaste gaan gaande wees oor hierdie vleisgereg. Die groot geheim is dat jy dit met sorg oor lae hitte gaarmaak.
1. Vryf die vleis oraloor met die asyn, koljander en sout en peper in. Meng die broodkrummels, feta, knoffel, tiemie, suurlemoenskil en rissie saam en sprei dit in ’n eweredige laag uit oor die binnekant van die vleis. Rol nou die blad in ’n netjiese rol op en bind dit vas met tou.
2. Verhit ’n swartpot tot warm oor die kole en potbraai die vleis tot dit oraloor mooi goudbruin is. Dis nie nodig om ekstra vet te gebruik as jou lam ’n lekker vetlaag het nie.
3. Voeg nou die heel knoffel met die gesnyde kant na onder by die pot saam met ongeveer 1 cm water en die roosmaryntakkies. Sit die deksel op en prut dit stadig met ’n paar kooltjies onder en op die deksel vir sowat 1½ uur. Sit dit in dik skywe voor saam met geroosterde aartappeltjies... vir daai pansous!
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET