1. Maak die blatjang Braai die ui in die olie tot dit sag en glansend is. Roer die knoffel, rissie en gemmer by en braai dit vir nog ’n minuut of twee tot geurig. Roer nou die speserye, suiker en tamarynpuree by tot alles goed deurgemeng is. Roer laastens die aftreksel by en prut die mengsel tot dit dik en glansend word.
2. Sny enige oortollige vet van die lamsrak af sodat die vetlaag egalig is. Gebruik ’n skerp mes en maak snytjies oraloor die vetlaag sonder om in die oog van die vleis te sny – die Engelse noem dit scoring. Vryf die vleis in met sout en varsgemaalde swartpeper plus ’n knippie droë kruie as jy dit byderhand het.
3. Braai die lamsrak tot goudbruin – begin met die vetkant. Jy kan ’n gietysterpan oor die kole gebruik, maar pasop vir vet wat in die vuur beland – dit kan vlam vat. Hier moet jy wakker braai. Sodra die vet mooi bruin is, laat staan die rak regop op die been en braai dit vir 10 minute – dit sal gaaf wees as jy ’n deksel of braaibak oor die vleis omkeer sodat dit amper ’n oondjie vorm.