Vir 12 tjops

Voorbereityd 20 minute, plus 30 minute marineertyd

Gaarmaaktyd sowat 12 minute

Jy benodig

  • 12 lamstjops (lende of rib)
  • 1-2 eetlepels olyfolie
  • 1 eetlepel tamatiepasta
  • vars suurlemoensap na smaak

Vir die vryfsout

  • 1 eetlepel komynsaad
  • 1 eetlepel koljandersaad
  • 1 eetlepel gerookte paprika
  • 1 teelepel mosterdpoeier
  • 2 teelepels sagte bruinsuiker
  • ’n knippie fyn wonderpeper
  • 1 teelepel varsgemaalde swartpeper
  • 1 eetlepel seesoutvlokkies

Só maak jy

1 Skroei die komyn en koljander vir 2 minute in ’n droë pan tot geurig en stamp dit dan fyn. Meng dit met die res van die vryfsout se bestanddele.

2 Meng die vryfsout met die olyfolie en tamatiepasta en vryf die tjops goed daarmee in. Laat staan dit ten minste 30 minute om teen kamertemperatuur te marineer terwyl jy solank vuurmaak.

3 Braai die vleis oor warm kole tot gaar soos jy daarvan hou. Laat die tjops toe om eers ’n rukkie te rus en sit dit dan voor met ekstra suurlemoensap na smaak.