1 Verhit die olie en braai die ui en wortel daarin tot glansend. Voeg die maalvleis en knoffel by en braai dit tot goed bruin. Breek die vleis deurgaans met ’n spaan sodat dit mooi fyn korrels vorm.
2 Roer die speserye en tamatiepasta by die pot en braai dit vir nog ’n paar minute. Voeg dan die tamatie en blatjang by en smoor die mengsel terwyl jy die witsous maak.
3 Maak die witsous Smelt die botter, klits die meel by en braai die mengsel vir ’n paar minute. Klits nou die melk en aftreksel geleidelik by – dit keer dat klonte vorm. Prut die sous tot dit lekker dik is en jy nie meer rou meel proe nie. Die aftreksel geur die sous, maar voeg gerus sout en peper na smaak by.