Deel

Maklike suurdeegbrood

akkreditasie
Maklike suurdeegbrood
Maklike suurdeegbrood
Bereidingstyd: 5 minute
Porsies: 1 klein brood
Gaarmaaktyd: 35 minute
Bestanddele
  • 3 - koppies meel (sien wenk hieronder)
  • 1½ - teelepels sout
  • ½ - teelepel droë kitsgis
  • 1½ - koppie louwarm water, plus ekstra
Metode
Jy hoef nie die deeg vir dié brood te knie nie. Die geheim is goeie meel, oornag rystyd, en ’n swaar pot wat vooraf verhit is.

Jy hoef nie die deeg vir dié brood te knie nie. Die geheim is goeie meel, oornag rystyd, en ’n swaar pot wat vooraf verhit is. Jy kan dit op die kampvuur maak; en die brood sal drie dae lank vars bly.

1. Meng die meel, sout en gis in ’n groot bak – groot genoeg dat die deeg kan rys. Voeg die louwarm water by en roer alles met ’n houtlepel tot gemeng. Voeg nog ’n skeut of twee water by, indien nodig. 

suurdeeg
Meng die meel, sout en gis in ’n groot bak

2. Bedek die bak met kleefplastiek en laat staan dit vir 12 uur buite die yskas.

suurdeeg
Bedek die bak met kleefplastiek

3. Die volgende dag voorverhit jy die oond tot 230 °C óf kry kole in ’n ketelbraai of oop braaiplek gereed.

4. Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en vorm ’n bol (dit sal taamlik taai wees). Bedek die deegbol losweg met kleefplastiek en laat dit vir 30 minute rus. Sit ’n swartpotjie (minstens nr. 2) leeg oor die kole óf in die oond vir ten minste 30 minute om warm te raak.

suurdeeg
Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en vorm ’n bol

5. Sny met ’n skerp mes ’n kruispatroon bo-op die deegbol. Haal die vuurwarm swartpot versigtig van die hitte af, tel die deegbol versigtig daarin en sit die deksel op.

suurdeeg
Sny met ’n skerp mes ’n kruispatroon bo-op die deegbol

6. Sit die pot in die voorafverhitte oond of ketelbraai met die deksel op. Of plaas die pot op ’n braaidriehoek oor ’n laag warm kole en skep ’n paar kole bo-op die potdeksel. Die brood behoort ná 35 minute gaar te wees. Aangesien oonde verskil, toets eers of die brood gaar is. Indien nie, plaas dit terug in die oond/kole vir nog 10 minute. 

WENK

Ongebleikte broodmeel (soos Eureka Mills) lewer ’n geurige maar swaarder brood met ’n dik korsie.

Jy kan egter ook koekmeel of ’n kombinasie van koek- en broodmeel gebruik – dít maak ’n ligter brood met ’n fyner tekstuur.