Vir 1 klein flessie

Voorbereityd 5 minute


Hierdie kruiesous kan saam met braaivleis, seekos of hoender voorgesit word. Smeer ’n bietjie op ’n braaibroodjie of drup dit oor slaai.


Jy benodig 

• 2 koppies mentblare
• 2 koppies koljanderblare
• 2 koppies pietersielie
• 2-4 knoffelhuisies
• ¼ koppie olyfolie
• ¼ teelepel rissievlokkies
• 4 eetlepels rooiwynasyn


Só maak jy

1. Kap die kruieblare en knoffel fyn of pols dit saam in ’n voedselverwerker tot grof.

2. Meng die olyfolie, rissievlokkies en rooiwynasyn daarby in.

3. Skep dit in ’n glasfles en skink ’n paar lepels ekstra olyfolie bo-oor om dit te seël. Skroef die deksel toe – die sousie kan tot ’n week lank in die yskas hou.