book-icon Uitgawe Maart 2019
Deel

RESEP | Mexikaanse hoenderslaai

akkreditasie
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 2
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
  • 400 g - hoenderborsies, in 1 cm-repe gesny
  • 1 eetlepel - gerookte paprika
  • ¼ koppie - olyfolie plus ekstra
  • 2 - suurlemoene se skil en sap
  • 2 eetlepels - srirachasous, plus ekstra
  • 1 blik - (400 g) swartbone, gedreineer
  • 1 - rooi soetrissie, in 1 cm-blokkies gesny
  • 2 - tamaties, in 1 cm-blokkies gesny
  • 1 - rooiui, fyngekap
  • 1 blik - (400 g) swartbone, gedreineer
  • 1 - avokadopeer, in 1 cm-blokkies gesny
  • 2 eetlepels - vars koljander, grofgekap
  • 2 eetlepels - vars ment, grofgekap
  • ¼ koppie - pampoenpitte
Metode
Hierdie slaai is my standaard-“Tupperware”-maaltyd. Ek neem die avokado heel saam en rangskik dit oor die slaai net voor bediening. Die res kan alles gemeng word sodra die hoender afgekoel het.

1 Plaas die hoender, paprika, srirachasous en die helfte van die olyfolie en 1 suurlemoen se sap in ’n mengbak. Marineer die hoender vir 30 minute.

2 Verhit ’n braaipan met 5 ml olyfolie en braai die gemarineerde hoenderrepies met die mieliepitte en soetrissie vir ongeveer 8 minute tot goudbruin en gaar. Geur na smaak met sout en swartpeper.

3 Meng die tamatie en rooiui saam. Rangskik die hoender, tamatie-en-ui-sambal, swartbone, avokado en kruie in ’n bak. Gooi die oorblywende olyfolie, suurlemoesap en gerasperde skil oor die slaai. Garneer met pampoenpitte en ekstra srirachasous