(genoeg vir 4)
1. Verhit die olie in ’n pot en braai die ui tot dit sag en glansend is. Voeg die knoffel, kerrie, borrie, blatjang en sitroengras by en braai dit vir ’n minuut saam met die ui. Roer die lensies en mosselvleis by en skep dit in ’n vuur- of oondvaste potjie.
2. Meng die eiers en suurroom, geur dit goed met sout en peper, giet dit oor die mosselvleismengsel in die potjie en druk die lourierblare in die bobotiemengsel. Sit die potjie op matige kole met die deksel op (en pak ’n paar kole op die deksel).