book-icon Uitgawe April-Mei 2022
Deel

RESEP | Murgpampoentjie-plaatkoekies

akkreditasie

1 Meng die murgpampoentjies, eiers en jogurt in ’n mengbak saam en geur met sout en peper. Roer die meel by om ’n gladde beslag te vorm. As dit te droog lyk, roer nog ’n lepel jogurt by.

2 Verhit ’n ruim skeut olyfolie in ’n swaarboompan en skep 4 opgehoopte eetlepels vol beslag daarin. Braai oor matige hitte totdat die koekies hulle vorm hou  en draai dan om. Druk effens plat met ’n spaan en braai tot alkant goudbruin en deurgaar. Skep uit en herhaal met nog ’n skeut olie en die res van die beslag. (Ek kry gewoonlik agt koekies uit die beslag.)

3 Sit twee koekies per porsie voor,  met ’n skyfie ham, ’n gebakte eier en ’n paar basilieblare. Ander bolaagbestanddele soos ’n skeppie maaskaas en skyf tamatie is ook heerlik hierby.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan