Deel

RESEP | Franse roosterbrood

akkreditasie
Jac Kritzinger
Maak vir jou die koning van Franse roosterbrood – of “French toast.”

Jy benodig (genoeg vir 6-8)

• 1 stewige bakkerywitbrood van jou keuse (600 g)

• 3 eiers

• ¾ koppie room

• ¾ koppie melk

• ½ koppie suiker

• ½ teelepel kaneel

• 60 g botter, gesmelt

• 100 g amandels, gevlok

• ¼ koppie esdoringstroop

• 250 g gemengde bessies

Só maak jy

1. Maak snye in die brood sonder om dit aan die onderkant deur te sny – net soos jy ’n knoffelbrood sny. Sit die brood op ’n groot vel foelie.

2. Klits die eiers, room, melk, die helfte van die suiker en kaneel saam in ’n middelslag-mengbak. Gooi ’n goeie skeut van die eiermengsel in elke sny in die brood. Draai die brood om laat dit vir 15 minute staan.

3. Draai die brood nou weer regop en drup van die botter in. Sprinkel die res van die suiker en amandel in en draai die brood goed in die foelie toe.

4. Braai die brood vir 30-40 minute op die rooster oor matige kole todat dit goudbruin en bros is. Draai dit minstens elke 10 minute om.

5. Sit dit voor met saam met die esdoringstroop en vars bessies.

Weg Ry & Sleep sê:
Dié Franse roosterbrood is lekker vir ontbyt en vir ’n ligte ete deur die dag.