Deel

’n Spyskaart wilder as die wildtuin!

akkreditasie
Almaré besoek ’n wildsplaas. Sy wys kykers stap vir stap hoe om wild-soesji te maak en maak ook tradisionele ‘potstickers’ gevul met gerookte springbokboudvleis. Kyk Karoo-kombuis elke Donderdagaand om 17:00 op VIA, DStv-kanaal 147.

Wildsoesji

Jy benodig

  • 2 koppies soesjirys
  • 2 koppies water
  • ¼ koppie asyn
  • 20 ml suiker
  • 5 ml sout

Só maak jy

1 Spoel die rys baie deeglik af tot die water helder afloop. Voeg die hoeveelheid water by soos op die pakkie aangedui en laat vir sowat 20 minute week. Kook die rys in dieselfde water vir sowat 25 minute. Laat die rys vir 30 minute staan en rus.

2 Verhit die asyn, suiker en sout en roer tot die suiker opgelos is.

3 Meng die afgekoelde rys en asyn. Bedek die rys sodat dit nie uitdroog nie en gebruik dit wanneer dit kamertemperatuur bereik het. Die mengsel kan tot drie dae in ’n toe houer in die yskas hou.

4 Vulsels:

  • koedoe-carpaccio
  • romerige bloukaas
  • spekboomblare, gekap
  • wortels, in fyn repies gesny
  • geel soetrissie, in fyn repies gesny
  • nori
  • sesam- of papawersaad vir bo-op
  • soesjimayonnaise
  • springbok- of volstruis-carpaccio
  • roomkaas
  • wortels, in fyn repies gesny
  • rooi soetrissie, in fyn repies gesny
  • komkommer, in fyn repies gesny
  • sesam- of papawersaad vir bo-op
  • soesjimayonnaise

Sit die soesji voor met ’n goeie sojasous, gepiekelde gemmer en wasabi.

Soet soesji
Soet soesji


Soet soesji

Vulsels:

  • aarbeie
  • roomkaas
  • ingelegte groenvye, in repies gesny
  • romerige bloukaas

Sit voor saam met vyekonfytreduksie, gemmer en balsemieke reduksie.

Dimsum

Ek gebruik gekoopte wonton-deegvelletjies. Dis gewoonlik te koop by Oosterse koswinkels.

Vir die vulsel het ek gerookte springbokboud gebruik. Ek het dit net stadig gekook met kruie en toe gevlok, maar jy kan enige vulsel gebruik.

Tuis gebruik ek graag goeie varkworsies wat uit die worsvel gedruk is gemeng met fyngekapte garnale.

Die geheim is om nie die deeg te laat uitdroog nie. Hou dit heeltyd bedek mat ’n klam, skoon lap terwyl jy daarmee werk.

Sit ’n teelepel vulsel in die middel van een deegvel.

Doop jou vinger in water, maak die rande van die deeg nat en vou dit sodat dit soos ’n wasgoedbondeltjie lyk.

As jy ’n bamboesstomer het, gebruik dit. ’n Elektriese stomer werk ook goed – maak net seker dat jy die bodems met bakpapier uitvoer, anders sit jou dimsum vas en skeur.

Ek spuit sommer kleefwerende kossproei ook aan, net om seker te maak.

As jy geen van bogenoemde het nie, gebruik ’n vergiettes wat jy met bakpapier uitvoer en oor ’n pot kokende water plaas.

Bedek met enige deksel wat deeglik pas en stoom die dimsum vir sowat 10 minute.

Sit dadelik voor met sojasous.

Potstickers
Potstickers


“Potstickers”

Laat smelt 2-3 eetlepels botter in ’n pan.

Voeg geskeurde salieblare by en laat die botter effens verbruin.

Braai die gaar dimsum daarin tot mooi goudbruin.

Haal uit en bedien dadelik.

Kry jou vriende bymekaar en laat hulle hul eie soesji rol. Te lekker!