
Foto: Michelle Parkin. Kosassistent: Tani Kirsten
Hierdie pasta is een van my kampstaatmakers omdat jy nie ’n yskas nodig het nie.
Jy benodig
(genoeg vir 4-6)
- 1 pak (500 g) pastaskroefies
- 100 ml Griekse vinaigrette (of iets soortgelyks) – ons het PnP s’n gebruik
- 1-2 blikkies (170 g elk) tuna
- ’n hand vol kalamata-olywe
- 2 heel tamaties, in blokkies gesny (of gebruik ’n koppie kersietamaties wat jy middeldeur sny)
- 2 koppies slaaiblare soos roket of babaspinasie (opsioneel)
- sout en swartpeper na smaak
Só maak jy
1. Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie in ’n groot pot met soutwater. Dreineer die pasta en gooi die slaaisous oor terwyl die pasta nog louwarm is. Laat dit eenkant afkoel.
2. Meng die tuna, olywe en tamaties deur die pasta. Roer laastens die slaaiblare deur, geur dit na smaak met sout en paper, en sit dit dadelik voor.
Weg Ry & Sleep sê
Jy kan ook kaasblokkies, pikantrissies, gekapte komkommer en vars rissies by dié slaai voeg.