Vir 8 | Voorbereityd 30 minute | Gaarmaaktyd 50 minute


Jy benodig

1-2 koppies botterskorsieblokkies

1½ koppie bruismeel

¼ teelepel bakpoeier

¼ teelepel koeksoda

¼ teelepel sout

½ koppie roomkaas

¼ koppie (65 g) sagte botter

1 koppie suiker

1 groot eier

1 koppie baie sterk kaas soos gruyere of cheddar, gerasper

So maak jy

1. Stoom die botterskorsie gaar, druk dit fyn en laat dit in die yskas afkoel.

2. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en sout alles saam en hou dit eenkant.

3. Klits die roomkaas en botter goed saam en voeg dan die suiker bietjies-bietjies by tot dit lig en romerig is. Hou aan met klits. Voeg dan die eier daarby en klits die mengsel.

4. Meng die meelmengsel deur die roomkaasmengsel en vou dan ¾ fyn botterskorsie daarby in.

5. Skep die beslag in ’n gesmeerde swartpot en bak dit met ’n paar kole op die deksel vir sowat 50 minute. Sprinkel die kaas sowat 10 minute voor die einde oor sodat dit kan smelt voordat jy die brood uitdop.

6. Jy kan die brood ook in ’n oop, gesmeerde oondpan bak teen 170 °C.