Vir 6 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 15 minute
Jy benodig
• 250 g brie
• 125 g sondroogtamaties, gekap
• ’n hand vol olywe, ontpit
• 1 ciabatta, in skywe gesny
• olyfolie
• pesto, chermoula of ’n ander smeer van jou keuse
Só maak jy
1. Sny die brie in blokkies en gooi dit saam met die tamaties en olywe in ’n klein gietysterpan. Bedek dit met ’n laag foelie en sit dit oor matige kole op die rooster. Laat die pan vir sowat 15 minute hitte kry, of totdat die kaas gesmelt is en begin borrel.
2. Braai intussen die brood op die rooster en besprinkel dit met olyfolie. Smeer ’n skeppie pesto of chermoula oor elke stukkie.
3. Doop die snye geroosterde brood nou in die gesmelte kaas en lê weg!
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET