
(Vir hoender-, lam- of varktjops)
Vir 4 | Voorbereityd 5 minute plus marineertyd | Gaarmaaktyd 20 minute
Jy benodig
• ¼ koppie olyfolie
• ¼ koppie suurlemoensap
• ¼ koppie tamatiesous
• 1 eetlepel worcestersous
• 1 eetlepel gerookte warm paprika (Hot Smoked Spanish Paprika)
• 1 teelepel rissievlokkies
• 1 teelepel Dijon-mosterd
• 2 sprietuie, fyngekap
• 8 hoendervlerkies
Só maak jy
1. Meng al die bestanddele saam – dit sal vir tot twee weke in die yskas hou. Of jy kan dit ook – sommer met die vleis daarin – vries.
2. As jy dit daar en dan wil gebruik, moet die vleis ten minste vir 1 uur (maar verkieslik oornag) in die marinade lê. (Ek het hoendervlerkies gebruik.)
3. Haal die vlerkies uit die sous en braai dit vir 15-20 minute oor warm kole tot gaar en bros. Smeer deurentyd nog van die marinade oor.