book-icon Uitgawe September 2018
Deel

RESEP | Patatslaai

akkreditasie
Foto Michelle Parkin - Kosassistent Tani Kirsten
Foto Michelle Parkin - Kosassistent Tani Kirsten
Patat is ’n veelsydige groentesoort wat lekker lank buite die yskas hou as jy kamp.

Wat! Patat?

Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • 4 eetlepels botter
  • 2 groot patats, geskil en in 2 cm-blokkies gesny
  • 2-3 wiele feta, gekrummel
  • 3 sprietuie, fyngekap
  • 2 snye witbrood

VIR DIE SLAAISOUS

  • 3 eetlepels olyfolie
  • 2 eetlepels balsemiekasyn
  • 1 eetlepel heuning

Só maak jy

1 Verhit die botter in ’n groot pan of platboompotjie. Braai die patat in die botter tot dit oraloor mooi bruin is. (Sorg dat die patat in ’n enkellaag braai om te keer dat dit water trek en pap word.)

2 Skep die patat uit in ’n slaaibak en sprinkel die feta en sprietuie oor.

3 Braai die brood oor ’n rooster tot bros en sny dit in klein blokkies. 4 Meng die slaaisousbestanddele goed saam en giet dit oor die patat. Sprinkel laastens die brood oor en sit die slaai dadelik voor.

Weg Ry & Sleep sê As

As jy ’n gekoopte slaaisous met ’n balsemiekasynbasis saamvat, hoef jy minder bestanddele in te pak.